Being broken allows the light in

Jammer vir die engelse opskrif, maar afrikaans beskryf dit nie vir my so mooi nie. Week 7 het ek by die strandhuis spandeer. Actually meer gewerk as wat ek gerus het. Guess it comes with the territory. 

Ek het hele paar oggende gaan stap. Hier is n foto of 3.

Kyk hoe mooi breuk die son deur die wolke. Vandaar die opskrif. Being broken, means there’s an avenue for the light to come through. Beautifully broken. 

Advertisements

Week 6

Ek het ‘n rowwe week agter die rug wat travel vir die werk ingesluit het. Toe 1 dag op kantoor snet om gounal die drade bymekaar te vat. Na werk gou ‘n pel nog gehelp om sy kar se brieke te vervang en toe padvat see toe.

Soos ek nou hier sit in Franskraal val die water te lekker. En ja ek was al buite in die reën net om daai skoon nattigheid op my gesig te voel. En ja ek was kaal bolyf en het so lekker hoendervleis gekry . Reën is nodig vir lewe. Alle lewe op aarde. 

Onwillekeurig kom daar ‘n liedjie se woorde by my op: I’ll do my crying in the rain. Nou ja. Nuff said. 

Maar hierdie Godgegewe water………. Hemels.

M uit

Week 5

Die afgelope naweek het ek die backup bakkie gery vir die BMW Motorad clubride. Ons het langs die Breërivier gekamp en die 8-potiges was baie goed verteenwoordig.

Oppad terug by ‘n t-aansluiting buite Bredasdorp het Neels gestop. Rustig van sy fiets afgeklim, handskoene uitgetrek, valhelm afgehaal en stadig sy baadjie begin uittrek. Ek het gedink hy het dalk ‘n papwiel en soek hulp. 

Met die naderstap.

Skud hy sy baadjie en  daar van ta uit die baadjie. Dit was vir my so mooi gebaar. Live and let live. Nie altyd maklik om een van die gevaartes te vang en te gaan loslaat elders nie, maar elke diertjie en organisme het ‘n spesifieke funksie hier op moeder aarde. Dink dit is tyd dat ons Neels ss voorbeeld begin volg en die natuur vir ons nageslag beskerm en bewaar.

Matewis uit

Week 4

Week 4 het ek afgesluit met ‘n stap in die berge agter Kleinmond. Ons het die roete van die 3 Susters gestap en ongelukkig gaan daar nie nef een foto wees nie.

Daar is net iets magies aan op ‘n berg sit. “On top of the world” kry nuwe betekenis. Dis ook ‘n plek waar jy die stilte kan indrink en net wees. Ek verstaan ook nou mense se obsessie met bergklim. Ek was nou op die eerste koppie van die 3 Susters en weet my siel gaan nie rus voordat ek nie op die ander 2 koppe van die 3 Susters was nie. 

M uit

Week 3

So, ‘n vriendin het ‘n foto elke week challenge daar buite gesit.

Hierdie is week 3 se foto en ek sal later week 1 en 2 gaan soek in my arsenaal. 

Een ding waarvan ons 99% seker is, is dat die son môre opkom. En die son, so droog soos hy die aarde maak, is net soos water noodsaaklik om te sorg dat ons plant groei en kos produseer word.

Hierdie son, skyn oor ons almal, klein en groot, hartseer en gelukkig. Elke dag is vir ons geleen, so gryp elke geleentheid. Gaan klim daai berg, eet daai roomys, gaan wandel langs die see, bel daai pel en gaan drink daai long overdue koffie.

Matewis uit