Into the forest we go – Week 8

Met die dat ek ‘n plattelandse mannetjie is geniet ek dit om tyd in die natuur te spandeer. Na ‘n wilde stresvolle week het ‘n pel my gevra of ek saam met hom kan ry om gou ‘n kar te gaan haal in Kleinmond.

Wat kan dan nou beter wees as n roadtrip na die platteland saam met n goeie pel. Dink ons albei het die hunkering gehad om net asem te haal.

Hickory Shack was die eerste stop. Van die stoep het mens ‘n uitsig oor ‘n woud. Daar is iets magies en misterieus aan ‘n woud. Scary flieks speel altyd in ‘n woud af. Ek wil erens  nog gaan wandel deur so woud. 

‘n Sonneblom draai altyd sy gesig na son. So moet ons ook die sonskyn soek. Die mooi in die lewe. Maar meer belangrik, ons moet onsself oopmaak on daai sonskyn in te laat.

Op Botrivier het die trein staan en wag. My pa het jare lank vir Spoornet gewerk en ek het baie tyd saam met hom spandeer so Tussen Treine. Die foto het my omtrent teruggevat in tyd. Waar daar nog ‘n stasiemeester was, troepe trein gery het om hulle geliefdes te sien. Wissels nog met die hand gegooi is. Pragtig.

Met die inkom in Kleinmond het die berg bo die dorp uitgetoorn. Die einste berg wat ek saam met ‘n paar goeie vriende nie te lank terug geklim het nie.  Ek verstaan nou semi hoe voel dit as mens hunker en ‘n gatkrap ontwikkel om iets te doen. Ek was hoog op daardie berg. Maar hom nog nie oor nie. Dit krap aan my. En daardie jeuk moet gekrap word. 

As daardie berg oorwin word, wink die volgende een. Feit van die saak is, om die berge in jou lewe te oorwin, moet jy daai eerste tree gee. Face your demons, head on. Die afgelope week het my ook gewys dat met die regte mense aan jou kant, is enige iets moontlik. Dus, kies jou hartsmense, wees kieskeurig. You owe yourself that much. 
Live free. Love completely and without reservations. 

Lewer kommentaar